Die boek Hoséa

Saam met Amos, Miga en Jesaja, was Hoséa ʼn agtste-eeu vC profeet vir Israel en vir Juda. Hoewel hy tydens die regerings van vier konings van Juda (die Suidelike Koninkryk) opgetree het, het Hoséa hoofsaaklik opgetree vir die Noordelike Koninkryk (Israel), insluitend...

Die boek Amos

Amos was nie wat sommige ʼn ‘voltydse teoloog’ sou noem nie, maar ʼn skaapboer (1:1) en ‘veewagter en kweker van wildevyebome’” (7:14). Hoewel Amos in Tekóa gewoon het, ʼn plek sowat 10 myl suid van Jerusalem, het God hom geroep om vir die Noordelike koninkryk te...

Die boek Jona

Volgens 2 Konings 14:23-25 was Jona ʼn profeet wat drie myl vanaf Násaret gewoon het in ʼn plek met die naam Gat-Hefer, en hy het opgetree in die tyd van koning Jeróbeam II. As koning oor die Noordelike Koninkryk het Jeróbeam II regeer gedurende 793-753 vC terwyl...

Die boek Joël

Die naam van die profeet Joël beteken ‘Yahweh is God’ (vgl. 1:1). Oor hierdie profeet is daar min bekend, maar in die lig van verwysings na offers, priesters en die tempel (1:9, 13-14, 16; 2:14, 17; 3:17-21), was Joël heel waarskynlik ʼn profeet uit Juda in Jerusalem...