Wanneer word die koninkryk weer vir Israel opgerig?

Gedurende die 40 dae tussen sy opstanding en hemelvaart, verskyn Jesus aan sy apostels en leer hulle “oor die dinge van die koninkryk van God” (Hand 1:3). Op hemelvaartsdag vra die apostels vir Jesus, “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?” (Hand 1:6, OAV; vgl. ook die 1983-vertaling). Jesus antwoord, “Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie” (Hand 1:7, OAV). Wat kan uit hierdie vraag en antwoord afgelei word?

My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie

Tydens ʼn siviele verhoor vra Pilatus vir Jesus of hy die Koning van die Jode is. Jesus antwoord: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie” (Joh 18:36; OAV). Baie vervangingsteoloë, veral amillennialiste, gebruik hierdie teks om te beweer dat Christus se koninkryk heeltemal geestelik is en dat Jesus nooit bedoel het om ʼn letterlike koninkryk op die aarde te vestig nie. Hierdie misverstand moet aangespreek word.

Aan ʼn volk wat die vrugte daarvan sal dra…

Matteus 21:43 leer nie dat God die koninkryk van God permanent van Israel weggeskeur het en dit aan die Kerk gegee het nie. Trouens, Matteus 21:43 leer presies die teenoorgestelde: Jesus waarborg ʼn toekomstige seën vir Israel in die millennium (vgl. Decker 2010:43). Die koninkryk van God sal aan ʼn toekomstige geslag Joodse leiers en Joodse volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra. Hulle sal in Christus glo en Hy sal die koninkryk vir Israel weer kom oprig (vgl. Hand 1:6). Wanneer daardie koninkryk op die aarde herstel word, sal alle gelowiges dit beërwe.

Bly op Mars?

As Elon Musk en sy SpaceX-maatskappy se webwerf geglo moet word – as – dan is hulle doel nie net om ʼn basis-stasie op Mars te bou nie, maar ook om uiteindelik ʼn bloeiende stad en ʼn selfonderhoudende beskawing op Mars te vestig. Die idee is skynbaar om “multiplanetêre lewe” daar te stel, want ʼn “multi-planeet-spesies is veel beter as ʼn enkel-planeet spesies” (Musk 2017:8; eie vertaling). Pas hierdie drome by God se orde vir die mensdom en by God se mediatoriale koninkryk op aarde in?

Sewentig sewetalle

Wat gaan God met Daniël 9:24-27 se ‘sewentig sewetalle’ bereik? Wanneer het hierdie sewentig sewetalle begin – en wanneer gaan dit eindig? Wat het hierdie profesie met Christus se eerste en tweede koms uit te make? Daniël 9:24-27 se profesie oor die 70 sewetalle, of te wel 490 jaar, is baie belangrik. Dit dek nie net ʼn tydperk van 483 jaar tot met Christus se eerste koms nie, maar dit dek ook die 70ste week – en direk ná die 7-jaar verdrukkingstydperk sal Christus vir die tweede keer na die aarde kom. Dié keer kom Hy as koning om die Messiaanse koninkryk te vestig.