Die verborgenheid van die vrou in Openbaring 17

Wat is die verborgenheid waarna Openbaring 17: 5 en 7 verwys? Verwys die verborgenheid na die titel van die vrou: “…op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon…” (Op 17:5; OAV)? Of is die vrou se naam “die groot Babilon” — oor wie daar nou ʼn verborgenheid bekendgemaak word? En indien so, wat is die verborgenheid?

Is die wegraping ʼn nuwe lering?

ʼn Gewilde argument téén die wegraping is dat dit ʼn nuwe lering sou wees en, so gaan die argument verder, omdat dit nuut is kan dit nie waar wees nie (vgl. Ladd 1956:31). Du Rand (2007:317) skryf byvoorbeeld dat die wegraping “eers ná 1830 werklik momentum gekry het toe die drome van ʼn sekere Margaret MacDonald openbaar gemaak is”. Maar is lering oor die wegraping nuut — of is dit dalk oud? En is iets waar of vals omdat dit oud of nuut is?

Is die wegraping ʼn “geheim”?

Voorstanders van die lering oor die wegraping sê nie dat die wegraping nou ʼn geheim is of gaan wees nie – asof dit iets is wat slegs ʼn paar ingeligtes van kan weet nie. Die wegraping is ʼn Nuwe-Testamentiese verborgenheid wat God openbaar het. Dit is glad nie ʼn geheim of iets geheimsinnigs of duister nie.