Dagbreek!

Tipologie vestig nie lering nie, maar versier dit. Christus se tweede koms en die begin van sy koninkryk kan tipologies met “dagbreek”, die “oggend”, “lig” en met sonskyn verbind word.

Sieninge oor die Messiaanse koninkryk

Twee sieninge oor Christus se Messiaanse koninkryk domineer die teologiese wêreld. Die eerste siening sê dat Christus die Messiaanse koninkryk “alreeds” tydens sy eerste koms opgerig het, maar dat hierdie koninkryk eers tot volle verwesenliking gebring sal word met Christus se weerkoms. Dit is die “Alreeds-maar-nog-nie” siening. Die tweede siening sê dat Christus nie die Messiaanse koninkryk tydens sy eerste koms opgerig nie, maar sal dit doen tydens sy weerkoms na die aarde toe. Dit is die “Nee, nog nie” siening. Hierdie sieninge beïnvloed teologie in die algemeen en lering oor die koninkryk in die besonder.