Covid-19 en die eindtye

Tyd sal leer hoe ernstig Covid-19 is en hoe daarop reageer moet word. Intussen is ʼn derde van die wêreld se bevolking alreeds in ʼn grendelstaat. Sommige besighede gaan dit nie maak nie, mense verloor hul werk, en armoede en hongersnood klop aan die deur. Vir ʼn moontlike biologiese risiko het baie regerings besluit om hul bevolking in ʼn definitiewe ekonomiese Armageddon te plaas. In hierdie artikel sê ek dat Covid-19 nog ʼn krisis is wat misbruik word om ʼn eindtydse agenda te bevorder. Ek motiveer hierdie stelling op drie maniere. Eerstens, die wêreld beweeg na ʼn eenwêreldregering onder die Antichris. Tweedens, ek wys hoe Covid-19 misbruik word om hierdie agenda te bevorder. Waarop die Christen moet fokus kom derdens aan die beurt.