Die laaste dae en die eindtye

Gelowiges wat vandag in die “laaste dae” van die Kerk-era leef, verwag die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus (vgl. Tit 2:13). Ná die wegraping van die Kerk sal baie mense tydens die verdrukkingstydperk tot geloof kom (vgl. Op 7:9-17). Wanneer hierdie gelowiges sien hoe profesieë oor die verdrukkingstydperk voor hulle oë vervul word, moet hulle opkyk: “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk 21:28). Maar of dit nou die laaste dae en/of die eindtye is, in ieder geval, hou “die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (vgl. Heb 12:2a).