Artikels
Die Wêreld Ekonomiese Forum en die verwaarlose eskatologiese teks van 1 Timoteus 4 vers 1
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Die Wêreld Ekonomiese Forum het die volgende vir 2030 voorspel: “Jy sal baie minder vleis eet, ’n klein bederfie so nou en dan, maar nie ’n stapelvoedsel nie. Vir die omgewing en jou gesondheid.” Die Verenigde Nasies moedig mense aan om “rooivleis te laat vaar en oor te skakel na vegetariese of veganistiese diëte om klimaatsverandering te voorkom.” Wetgewing verbied nog nie die eet van vleis nie, maar dit lyk asof voorstanders van die agenda van klimaatsveranding vasbeslote is om dit in die toekoms wetlik af te dwing. Nederland het byna ’n vleisbelasting ingestel; Nieu-Seeland het gedreig om boere te belas indien koeie sou burp (om nie van ander “uitlaatgasse” te praat nie); en Britte mag dalk minder vleis moet eet sodat hulle regering se teiken van koolstofvrystelling bereik kan word. Om die vleis uit mense se diëte te vervang, stel Bill Gates sintetiese alternatiewe voor, terwyl The Economist wurms, insekte en krieke as onbenutte voedselbronne aanmoedig. Lesers van 1 Timoteus 4 mag vergewe word as hulle dalk dink bogenoemde klink vaagweg bekend …
Só begin ‘n artikel waarin ek aanvoer dat 1 Timoteus 4:1-5 ‘n verwaarloosde eskatologiese teks is. In 1 Timoteus 4:1 sê die Gees uitdruklik dat sommige in die “laaste tye” hulle aan die leringe van demone sal toewy. Kommentators erken gewoonlik die toekomstige implikasies van hierdie teks, maar fokus nie regtig daarop nie. In meegaande artikel ondersoek ek die uitdrukking “laaste tye”, oorweeg die inhoud van hierdie demoniese leringe en koppel die teks-gedeelte aan die verbond met Noag – en vervolgens aan tekste oor die eindtye. Ek voer aan dat 1 Timoteus 4:1–5 as ‘n eskatologiese teks erken moet word. Die “laaste tye” van die kerktydperk kan dien as agtergrond vir profesieë wat gedurende die sewe-jaar verdrukkingstydperk vervul sal word.
Sleutelwoorde sluit in die leringe van demone; eskatologie; die verbond met Noag; 1 Timoteus 4; laaste tye; en klimaatsverandering.
Om die artikel (gratis) te lees, kliek op hierdie skakel (en wag asseblief ’n paar sekondes terwyl die pdf by die webwerf van die teologiese tydskrif In die Skriflig / In Luce Verbi afgelaai word): https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/3162/8860
A Critique of Ladd’s ‘Already but not yet’ view of the Kingdom
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Die koninkryk van God is ʼn belangrike onderwerp in teologie en vir ʼn Christelike wêreldbeskouing. George Eldon Ladd is een van die invloedrykste teoloë van die twintigste eeu en in alle waarskynlikheid die vader van die “alreeds-maar-nog-nie” siening van die koninkryk. Ladd voer aan dat die koninkryk tegelykertyd teenwoordig én toekomstig kan wees. Die sleutel tot Ladd se teorie is sy definisie van die koninkryk. Ladd besef dat as die koninkryk gelyktydig teenwoordig én toekomstig is, kan dit logieserwys nie so in dieselfde sin wees nie. Daarom stel hy voor dat Jesus ʼn nuwe en onverwagte vorm van die koninkryk aangebied het, die Nuwe Testament herinterpreteer skynbaar die Ou Testament radikaal – en hy noem dít die geheimenis van die koninkryk. Hierdie artikel kritiseer Ladd se definisie van die koninkryk. Logieserwys kan die koninkryk nie gelyktydig teenwoordig en toekomstig wees nie. En Jesus het nie ʼn nuwe vorm van die koninkryk aangebied nie. Wat die mediatoriale koninkryk van God betref, die sleutel-insig lê opgesluit in die woord “voorwaardelikheid”.
Die volledige artikel kan hier gelees word:
https://koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/2531/2951
Israelologie : ’n Bybels-teologiese perspektief oor Israel se verlede, hede en toekoms
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Israelologie is tans nie ʼn akademiese dissipline in eie reg binne die raamwerk van die Bybelse en Sistematiese Teologie nie. Lering oor die Kerk (ekklesiologie) en oor die eindtye (eskatologie) vorm byvoorbeeld deel van teologiese denke en navorsing, maar Israelologie, die Bybelse leer oor Israel, word in byna geen teologiese handboek vermeld nie. Tog verskil teologiese stelsels en kerke op grond van hulle sienings oor Israel.
Israelology: A Biblical-Theological Perspective of the Past, Present and Future of Israel
Written by Jacob Jan Scholtz
Israelology is not currently an academic discipline within the framework of Biblical and Systematic theology. The doctrines of the Church (ecclesiology) and of the last things (eschatology) are for example part of theological thinking and research, but Israelology, the Biblical doctrine of Israel, receives little to no mention in theological textbooks. And yet, theological systems and churches differ based on their views of Israel.
A Review of ‘He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God’ by Michael J. Vlach
Written by Jacob Jan Scholtz
In his recently published book He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God, Michael J. Vlach presents a ‘comprehensive biblical theology of the kingdom of God from a new creationist perspective’ (2017:11). After introducing the kingdom programme (Part 1), Vlach traces the kingdom theme through the Old Testament (Part 2) and the New Testament (Part 3), before concluding with an examination of theological issues (Part 4).
Resensie van ‘He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God’ deur Michael J. Vlach
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Michael J. Vlach se boek He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God is onlangs gepubliseer. Hierdie boek bied ʼn omvattende Bybelse teologie van die koninkryk van God vanuit ʼn nuwe skeppingsperspektief (2017:11). Na die bekendstelling van die koninkryksprogram (Deel 1), behandel Vlach die koninkrykstema deur die Ou Testament (Deel 2) en dan die Nuwe Testament (Deel 3) voordat hy met ʼn bespreking van teologiese kwessies oor die koninkryk eindig (Deel 4).
Vooronderstellings wat die eskatologie beïnvloed
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Waarom is daar so baie verskillende sieninge oor eskatologie (die leer oor die eindtye)? Om te verstaan waar verskillende sienings oor die eskatologie vandaan kom, is dit nodig om eers terug te gaan om die vooronderstellings van verskillende teologiese sisteme te identifiseer. Hierdie artikel begin só ‘n ondersoek deur die verhouding tussen die twee Testamente in Bybelse en Sistematiese Teologie van nader te bekyk.
Die koninkryk van die hemele en Matteus 10
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Hierdie artikel stel voor dat Matteus 10 ʼn enkele sendingopdrag is wat twee diskrete tydperiodes dek wanneer die evangelie van die koninkryk verkondig word. Hierdie sendingopdrag is tydens Christus se eerste koms aan die 12 apostels gegee om die evangelie van die koninkryk net in Israel te verkondig.
Een Messias, twee komste en drie voorlopers: Die chiastiese struktuur van Matteus 11:2-17:13
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Hierdie artikel stel ʼn groot chiastiese struktuur vir Matteus 11:2-17:13 voor. Die chiastiese struktuur lei tot ʼn bespreking van die een Messias, sy twee komste en (ten minste) drie voorlopers. Dit beklemtoon ook God se koninkryksprogram, in besonder die Inter-Advent Periode wat deur die gelykenisse van Matteus 13 gedek word.
Die chiastiese struktuur van Matteus 21:1–23:39
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Die identiteit en gesag van Jesus Christus is van grondliggende belang. Aan die begin van Jesus se openbare bediening, bevestig God die Vader Jesus se identiteit en God se Gees kom rus op Hom. Die Evangelie van Matteus vertel egter van die konflik oor die Persoon en boodskap van die Koning.
’n Ondersoek na Matteus 13 as ’n profetiese diskoers
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Te midde van ’n groot verskeidenheid van voorgestelde interpretasies van Matteus 13, oorweeg hierdie reeks van drie artikels om die gelykenisse van Matteus 13 te verstaan as ‘n kollektief-saamgestelde diskoers (‘al hierdie dinge’) waarin onvoorwaardelike ‘nuwe en ou’ profesieë rakende die koninkryk van die hemele met mekaar vergelyk word.
Sien die heerlikheid van die Koning: Die chiastiese strukture van Matteus 21-25
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Niemand kan regtig eskatologie verstaan sonder om Matteus 24:1-25:46 in ag te neem nie, maar hierdie Olyfberg-predikasie is moeilik om te verstaan. Een manier om hierdie teksgedeelte beter te verstaan is om die struktuur daarvan te vind, want strukture van Bybelse tekste kan help om die verskillende teksgedeeltes met mekaar asook met die geheel in verband te bring.
Between the Mount of Transfiguration and Jerusalem and beyond: The chiastic structure of Matthew 17:14–20:34
Written by Jacob Jan Scholtz
In this article, a chiastic structure in Matthew 17:14–20:34 is identified, evaluated and discussed. This structure highlights the movements of Jesus between the Mount of Transfiguration and Jerusalem as he is on his way to the cross to provide forgiveness of sins.
Between the Mount of Transfiguration and Jerusalem and beyond: The chiastic structure of Matthew 17:14–20:34
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
In hierdie artikel word ʼn chiastiese struktuur in Matteus 17:14-20:34 geïdentifiseer, geëvalueer en bespreek. Die struktuur beklemtoon die bewegings van Jesus tussen die Berg van Verheerliking en Jerusalem terwyl hy oppad is na die kruis. Hierdie chiastiese struktuur kan egter ook in sy breër profetiese konteks oorweeg word.
Mark 4:1–34: A Simple Structure for the Mystery of the Kingdom
Written by Jacob Jan Scholtz
When discussing the mysteries of the kingdom, the parables of Matthew 13 receive all the attention, neatly outlined and structured, only to be appended by a unique Markan parable (4:26–29) that sticks out like a sore thumb. However, Mark 4:1–34 is not only structured, it also contains an integrated set of parables that collectively describes the mystery of the kingdom of God.
Markus 4:1-34: ʼn Eenvoudige struktuur vir die verborgenheid van die koninkryk
Geskryf deur Jacob Jan Scholtz
Wanneer die verborgenhede van die koninkryk bespreek word, kry die gelykenisse van Mattheus 13 al die aandag, netjies uiteengesit en gestruktureer. Daarna, so asof dit ʼn na-gedagte is, word een unieke gelykenis uit Markus (4:26-29) by bogenoemde gevoeg. Markus 4:1-34 is egter nie net gestruktureer nie, maar bevat ook ʼn geïntegreerde stel gelykenisse wat gesamentlik ook die verborgenheid van die koninkryk van God beskryf.