Between the Mount of Transfiguration and Jerusalem and beyond: The chiastic structure of Matthew 17:14–20:34

In hierdie artikel word ʼn chiastiese struktuur in Matteus 17:14-20:34 geïdentifiseer, geëvalueer en bespreek. Die struktuur beklemtoon die bewegings van Jesus tussen die Berg van Verheerliking en Jerusalem terwyl hy oppad is na die kruis. Hierdie chiastiese struktuur kan egter ook in sy breër profetiese konteks oorweeg word. Die struktuur van Matteus 17:14-20:34 pas by die groter beweging van Matteus 16:28-25:46. Dit wys Jesus se bewegings van die Berg van Verheerliking na Jerusalem en verder — nie net tydens sy eerste koms nie, maar ook by sy wederkoms.

As u die artikel wil lees, kliek gerus op die volgende skakel:

Lees dit hier.