Twee opdragte
Is die evangelie van die koninkryk wat Johannes die Doper, Jesus Christus en die twaalf apostels uitsluitlik aan Israel tydens die eerste koms verkondig het presies dieselfde boodskap wat as deel van die groot opdrag verkondig word?
Die jaar 2026
Wat gaan in 2026 gebeur? Mense weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar God weet (vgl. Jes 46:9-11). In die Bybel openbaar God baie inligting oor die toekoms. Gelowiges kan weet wat God oor die eindtye gesê het. By FaithEquip glo ons dat die wegraping van die Kerk enige tyd kan gebeur (miskien selfs vandag), maar ons glo nie dat die 7-jaar Verdrukkingstydperk in 2026 kan begin nie.
’n Ondersoek na die martelare van Openbaring 6-20
Baie mense glo nie dat Christus vir ’n duisend jaar op aarde gaan regeer voordat die ewige bestel gaan aanbreek nie. Openbaring 20 se ses verwysings na “duisend jaar” beteken dan net ‘n “simboliese tyd” wat basies die hele interadventtydperk dek. Gegewe hierdie siening impliseer twee van die drie eskatologiese sienswyses (naamlik amillennialisme en postmillennialisme) onteenseglik dat Christen-martelare tydens die hele simboliese duisend jaar (i.e. die interadventtydperk) vermoor word, ʼn geestelike eerste opstanding ervaar, en tydens die interadventtydperk geestelik saam met Christus regeer. Is dit egter so?
Die eindtye en 1 Timoteus 4
Die Wêreld Ekonomiese Forum het die volgende vir 2030 voorspel: “Jy sal baie minder vleis eet, ’n klein bederfie so nou en dan, maar nie ’n stapelvoedsel nie. Vir die omgewing en jou gesondheid.”
Die evangelie
Die goeie nuus is: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word” (Hand 16:30-31). Vertrou alleen vir verlossing op Jesus Christus, die Seun van God, wat gesterf het, begrawe is en opgestaan het uit die dood – ook vir jou sondes en vir jou lewe! “[D]ie genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here” (Rom 6:23). Dié wat op Christus Jesus vertrou, die Seun van God, word die Here se geregtigheid toegereken; by Hom ontvang jy die ewige lewe. Vandag is die dag van verlossing.
Profesie-Bybel Nuwe Testament
Die 50 artikels wat die Profesie-Bybel Nuwe Testament vergesel verskaf ʼn volledige oorsig oor wat die Bybel oor die eindtye en die ewige bestel sê. Agt diagramme bied ʼn visuele oorsig van profeties belangrike gebeure. Elke Nuwe-Testamentiese boek is vergesel van ʼn inleiding wat konsentreer op die profetiese inhoud van daardie boek.
Christus en die vier lewende wesens
Christus in die vier Evangelies en die gesigte van die vier lewende wesens.
Verskillende soorte engelwesens
Drie tonele in die Bybel vertel (veral) meer van God se troon en sy engelwesens.
Die eet van vleis
God het gesê ons mag diervleis (sonder die bloed) met danksegging aan die Here eet (Gen 9:2-4; 1 Tim 4:4). In sekere omstandighede beperk die Bybel die Christen se vryheid om vleis te eet. Maar wanneer die gevalle wêreld en sy vals evangeliste jou beveel om sekere kossoorte (insluitende vleis) te vermy, dan versprei hulle ʼn lering van demone (1 Tim 4:3).
Die onsienlike wêreld van engele
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie.
“Die onsienlike wêreld van engele” fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel; dit beskryf die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie en verál slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?
“Die onsienlike wêreld van engele” is deur Jaco Scholtz geskryf. Dit is nou beskikbaar in boekwinkels landwyd.
By die dood van ʼn geliefde
Daar is ʼn tyd om oor die dood van ʼn geliefde te rou. Verlies kan egter veroorsaak dat ons in ʼn tronk van hartseer bly lewe. Dawid leer ons lesse hoe om hartseer te kan hanteer en nie toe te laat dat dit jou lewe regeer nie. Laat jou emosie uitkom; bid, vas, huil en treur tot die aand toe. Maar dan: skryf ʼn treurlied. Raak aktief. En eer die (oorlede) geliefde deur ʼn karakter-eienskap of vaardigheid van hom of haar aan te leer. Die Here help ons om oor groot verlies en hartseer te kom. Miskien sit sommige van ons in ʼn gat. Miskien treur sommige van ons al baie lank. Maar dit is tyd om op te hou stilsit.
Die apostels
Die wetgewende gesag om te bind en te ontbind is uniek en slégs aan die apostels gegee. Die laaste apostel om te sterf was Johannes en toe was die Nuwe Testamentiese kanon voltooi en die wetgewende fondasie vir die Kerk klaar gelê. Die kanon is ongeveer 1925 jaar gelede reeds voltooi. Niemand moet durf om “Openbaring 23 en verder” te skryf nie. Christus het byna twee duisend jaar gelede sy apostels bevestig deur tekens en wonders – want toe was die Here besig om iets nuuts te bou. Die Here doen vandag nog steeds wonderwerke, maar Hy doen dit direk, soos Hy wil. Gebou op die fondament van die apostels en die profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, is die fondasie vir die Kerk eens en vir altyd gelê (Ef 2:19-22). En ʼn goeie fondament word net een keer gelê.










