Die oproep tot dissipelskap gaan uit … … vanaf Jesus die Messias aan elkeen wat deur geloof aan Hom behoort. Die besluit om sy roeping te beantwoord is ’n saak waaroor elke gelowige moet besluit. Die Bybel leer ons dat dissipelwording ’n eenmalige toewyding en ’n voortdurende verbintenis vereis. Ons nooi jou uit om dr. Fruchtenbaum se module getiteld “Die geestelike lewe en dissipelskap” te bestudeer om die proses van dissipelmaking beter te verstaan. Al wat dit van jou verg, is ’n bietjie tyd en moeite.
Jesus het sy studente opdrag gegee om dissipelmakers te wees. Hy het die mantel van verantwoordelikheid vir toekomstige dissipelmaking-bedrywighede by sy Hemelvaart om die skouers van dié wat Hy ‘vriende’ genoem het, gehang. Jesus se talmidim (dissipels) het geslagte lank dít wat hulle by hul leermeesters geleer het, oorgedra aan dié wat in hul voetstappe sou volg.
Om ’n dissipel te word en dissipels te maak is nie die resultaat van ’n program wat ’n produk voortbring nie. Dit is die resultaat van verhoudings wat om die sentrale belangrikheid van God se Woord gebou word. As ’n mens na Jesus se lewe kyk, kan ’n mens duidelik vier opeenvolgende stadiums in die dissipelmakingsproses onderskei:
- KOM KYK (Johannes 1:35-39)
- VOLG MY (Markus 1:17)
- WEES SAAM MET MY (Markus 3:14)
- BLY IN MY (Johannes 15:7-8)
© 1985, 2005 Ariel Bedieninge. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie manuskrip mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewers in enige vorm gereproduseer word nie, tensy in kort aanhalings in ’n oorsig of professionele werk. E-pos: Homeoffice@ariel.org • www.ariel.org
Lees nou die volgende artikel.
Dissipelskap is ‘n baie belangrike faset van die geestelike lewe. Hierdie artikel behandel die toewyding van ‘n gelowige wat die pad na dissipelskap begin stap het. Daarna word ware dissipelskap in elf dele uitgelig, waaronder die betekenis, die oproep, dissipelwording, gehoorsaamheid, die Woord, die merk van dissipelskap, gesag, opoffering, bediening, die wêreld en ten laaste, verantwoordbaarheid.