Dissipelskapreeks
Kliek op die artikel se titel om na die webbladsy te spring (aanlyn teksformaat) of kliek op PDF om na die aflaaibare PDF te spring.
Studie oor die Bybelboek Maleagi
Die merkwaardige Bybelboek Maleagi is byna 2 500 jaar gelede geskryf vir Jode wat ná die Babiloniese ballingskap teruggekeer het na Israel. Hulle het op die profete Jesaja en Jeremia ag geslaan en die Beloofde Land ingegaan. Die tempel en Jerusalem se mure is herbou. Maar die essensiële deel van die restourasie het ontbreek: baie het hul liefde en vrees vir die HERE van die leërskare verloor. Uiteindelik sal Eségiël se tempel in die stad van die groot Koning gebou word. Uiteindelik sal die profeet Elía die harte van die vaders terugbring tot die kinders en die Joodse oorblyfsel sal die Messiaanse koninkryk ingaan. Tot dan bly dié merkwaardige boek steeds van toepassing, nie slegs vir die Israel van God nie, maar vir almal wat die Here soek, die Boodskapper van die verbond, wat binnekort sal terugkeer. Laai ‘n volledige studie oor hierdie boek hier af: PDF. Dit is ook in Engels beskikbaar: Malachi PDF.
Studie oor die Bybelboek Titus
Nadat die apostel Paulus se eerste gevangenskap in Rome in omtrent 61-62 nC beëindig is, het die Here die apostel versterk om die boodskap van die evangelie te verkondig sodat al die heidene dit kan hoor (vgl. 2 Tim 4:17). Gedurende die volgende ongeveer vyf jaar (62-67 nC) was Paulus baie aktief en het ten minste Macedónië, Éfese, Kreta, Nikópolis, Troas, Korinthe en Miléte besoek (1 Tim 1:3; 2 Tim 4:13, 20; Tit 1:5; 3:12). As ʼn ‘ou man’ (Filem 9), was Paulus daaroor besorgd dat die waarheid van die evangelie bewaar moes bly en aan toekomstige Christene oorgelewer moes word (Litfin 1983:729). Vir dié rede is Titus en Timótheüs voorsien van briewe wat bevestig het dat hulle die apostel se persoonlike verteenwoordigers was (Hiebert 1957:9). Die pastorale briewe beklemtoon die lewe en leierskap van plaaslike kerke sowel as godsaligheid en goeie werke. Titus en 1 Timótheüs is ‘metgesel briewe’, wat waarskynlik na aan mekaar iewers gedurende 63-66 nC geskryf is (Hiebert 1957:7). Lees gerus ʼn volledige studie oor hierdie Bybelboek. Laai ʼn volledige studie oor hierdie boek hier af: PDF. Dit is ook in Engels beskikbaar: The Letter to Titus PDF.