
Posisionele waarhede en seëninge van gelowiges
Wanneer iemand tot geloof in Christus kom, word hy of sy oombliklik verryk met elke geestelike seëning in Christus (Efésiërs 1:3; Kolossense 2:10). Teologies kan hierna verwys word as posisionele waarhede (feite) of seëninge.
. . .
Elke keer wanneer die apostel Paulus terminologie gebruik soos “in Christus”, “in Jesus”, “in Christus Jesus” of “in Jesus Christus”, maak God iets bekend van dit wat waar is in die gelowige se posisie as synde in die Messias (vgl. 1 Korinthiërs 12:13). Hierdie posisionele waarhede of seëninge berus op God se genade, dit is “tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde” (Efésiërs 1:6). Die posisie in Christus is nie net die grondslag van die gelowige se gesag nie (vgl. Efésiërs 1:18-19), maar die posisie in Christus is ook die gelowige se beste verweer in geestelike oorlogvoering (vgl. Kolossense 2:14-15; Hebreërs 2:14-15). Om kragtig te wees in die Here (vgl. Efésiërs 6:10) is om ons posisie in Christus Jesus en die gesag wat saam met daardie posisie in Hom kom, te besef.
Posisionele waarhede en seëninge van die gelowige in Christus
As jy nooit vir Jesus Christus in geloof ontvang nie, Hy wat in jou plek aan die kruis gesterf het om die prys vir jou sondes te betaal en wat weer opgestaan het om vir ewig saam met God die Vader te regeer, sal jy hierdie enorme seëninge verbeur. Wanneer jy egter vir Jesus Christus in geloof ontvang, word die volgende 33 dinge onvoorwaardelik in die Woord van God aan jou as ʼn lid van die liggaam van Christus belowe.
In God se ewige raadsplan
Vantevore geken (Romeine 8:29; 1 Petrus 1:2), uitverkorenes van God (Romeine 8:33; Kolossense 3:12; 1 Thessalonicense 1:4; Titus 1:1; 1 Petrus 1:2), verordineer / voorbeskik (Romeine 8:29-30; Efésiërs 1:5, 11), uitverkies (Matthéüs 22:14; Efésiërs 1:4; 1 Petrus 2:4) en geroep (1 Thessalonicense 5:24).
Versoen
Versoen deur God (2 Korinthiërs 5:18-19; Kolossense 1:20) en met God (Romeine 5:10; 2 Korinthiërs 5:20).
Verlos
Lees gerus Romeine 3:24; 1 Korinthiërs 1:30; Efésiërs 1:7; Kolossense 1:14 en 1 Petrus 1:18.
Geen veroordeling
Lees Johannes 3:18; Romeine 8:1; Johannes 5:24 en 1 Korinthiërs 11:32.
Soenoffer
Lees Romeine 3:24-26; 1 Johannes 2:2; 4:10.
Vergifnis
Lees Romeine 4:25; Efésiërs 1:7; 4:32; Kolossense 1:14; 2:13; 3:13; 1 Petrus 2:24. Onderskeid is nodig tussen volledige juridiese vergifnis en herhalende familie-vergifnis (vgl. 1 Johannes 1:9).
Afsterwing (oordeel) van die ou mens tot ʼn nuwe lewenswandel
Saam met Christus gekruisig (Romeine 6:6), saam met Christus gesterf (Romeine 6:8; 1 Petrus 2:24), saam met Christus begrawe (Romeine 6:4; Kolossense 2:12) en saam met Christus opgestaan om in ʼn nuwe lewensbeginsel te wandel (Romeine 6:4; Kolossense 3:1).
Bevry van die Wet van Moses (maar onder die Wet van Christus)
Dood ten opsigte van die Wet (Romeine 7:4) en bevry van die Wet (Romeine 6:14; 7:6; 2 Korinthiërs 3:11; Galásiërs 3:25).
Kinders van God
Uit God gebore (1 Johannes 5:1; 1 Petrus 1:23), lewend gemaak (Efésiërs 2:5; Kolossense 2:13), seuns en dogters van God (Galásiërs 3:26; 2 Korinthiërs 6:18; 1 Johannes 3:2) en ʼn nuwe skepsel (2 Korinthiërs 5:17; Galásiërs 6:15; Efésiërs 2:10; 4:24).
Aangeneem
Lees Romeine 8:15, 23; Galásiërs 4:5-7.
Aanneemlik vir God deur Jesus Christus
Regverdig verklaar deur die toerekening van Christus se geregtigheid (Romeine 5:11-21; 1 Korinthiërs 1:30), geheilig in Christus (1 Korinthiërs 1:2, 30; 6:11), vir ewig vervolmaak (Hebreërs 10:14), aanneemlik gemaak (Johannes 3:18; 5:24; Romeine 8:1) en bekwaam gemaak (Kolossense 1:12).
Geregverdig
Lees Romeine 3:24; 5:1; 8:30; 1 Korinthiërs 6:11; Titus 3:7.
Naby gebring
Lees Efésiërs 2:13. Daar is ʼn toepassing in Jakobus 4:8.
Oorgeplaas in God se koninkryk
Lees Kolossense 1:13; 2 Petrus 1:11.
Op die Rots, Jesus Christus
Lees Matthéüs 7:24-27; 1 Korinthiërs 3:9-15; Efésiërs 2:20-22; 1 Petrus 2:4-6.
ʼn Geskenk van God die Vader aan God die Seun
Lees Johannes 6:37-40; 17:2, 6, 9, 24.
Besnydenis van die hart in Christus
Lees Filippense 3:3; Kolossense 2:11.
Deelgenote van die heilige en koninklike priesterdom
ʼn Heilige priesterdom (1 Petrus 2:5), ʼn koninklike priesterdom (1 Petrus 2:9; Openbaring 1:6).
Uitverkore geslag, ʼn heilige volk, en ʼn volk wat God se eiendom is
Lees 1 Petrus 2:9; vgl. Titus 2:14.
Verlossing
Verlos uit die mag van die duisternis: Handelinge 26:18; Efésiërs 2:1-2; Kolossense 1:13.
Verheerliking
Lees Romeine 8:18, 30; 9:23; Kolossense 3:4; 1 Johannes 3:2.
Die eerstelinge van die Heilige Gees
Gebore uit die Gees/weergebore (Johannes 3:5-6), gedoop deur die Gees (1 Korinthiërs 12:13), bewoon deur die Gees (Romeine 5:5; 8:9; 1 Korinthiërs 6:19), verseël met en deur die Gees (2 Korinthiërs 1:22; Efésiërs 1:13; 4:30) en gesalf met die Gees (2 Korinthiërs 1:21; 1 Johannes 2:20).
Toegang tot God
Lees Romeine 5:2; Efésiërs 2:18; Hebreërs 4:14-16; 10:19-20.
Binne die “baie meer” versorging van God
Ons is die ontvangers van God se liefde (Efésiërs 2:4; 5:2). Ons ontvang verder ook genade vir redding (Efésiërs 2:7-9), vir sekerheid (Romeine 5:2; Filippense 1:6), vir dienswerk (Efésiërs 2:10; 4:7) en vir lering (Titus 2:11-13). Ons word die ontvangers van God se krag (Efésiërs 1:19), trou (Hebreërs 13:5), vrede (Filippense 4:6-9; Kolossense 3:15), troos (2 Thessalonicense 2:16), persoonlike versorging (1 Petrus 5:7) en intreewerk (Romeine 8:27, 34; Hebreërs 7:25).
Sy erfdeel
Lees Efésiërs 1:18.
Ons erfdeel
Lees Romeine 8:17; Galásiërs 4:7; Efésiërs 1:11; Kolossense 1:12; 3:24; Hebreërs 9:15; 1 Petrus 1:4.
Hemelse verbintenisse
Ons word deelgenote (medewerkers/vennote) met Christus: in lewe (Galásiërs 2:20; Kolossense 3:3-4; 1 Johannes 5:11-12), in posisie (Efésiërs 2:6; Kolossense 3:1-3), in diens (Johannes 17:18; 20:21; 1 Korinthiërs 1:9; 3:9), in lyding (Romeine 8:17; Filippense 1:29; 2 Timótheüs 2:9, 12), in gebed (Johannes 14:12-14; 16:23-24; 1 Johannes 5:14-15) en deelgenote in Christus in ʼn verlowing (2 Korinthiërs 11:2; Efésiërs 5:25-27).
Hemelse burgers
Lees Lukas 10:20; Efésiërs 2:19; Filippense 3:20; Hebreërs 12:22-24; 1 Petrus 2:11-12.
In God se familie en huishouding
Lees 1 Korinthiërs 3:9; Galásiërs 6:10; Efésiërs 2:19-20; 1 Petrus 2:5.
Lig in die Here
Lees Efésiërs 5:8; 1 Thessalonicense 5:4-5.
Lewenskragtig verenig met die Vader, Seun en Gees
In God die Vader (Johannes 17:21; 1 Thessalonicense 1:1; 2 Thessalonicense 1:1), in God die Seun (Johannes 14:20; 17:21; Romeine 8:1; Kolossense 1:27) en in God die Heilige Gees (Johannes 14:16; Romeine 8:9; 1 Korinthiërs 2:12; Efésiërs 2:22).
Volheid in Hom
Lees Kolossense 2:10.
Besit elke geestelike seëning
Lees 1 Korinthiërs 3:23; Efésiërs 1:3.
Deel van die gemeenskap van die heiliges
Lees Johannes 17:11, 21-23; 1 Johannes 1:3, 7.
Slotsom
Ons ontvang al bogenoemde seëninge die oomblik wanneer ons tot geloof kom in Christus Jesus ons Verlosser. Dit is baie belangrik dat gelowiges hul posisie in Christus sal verstaan. Hierdie posisie is die grondslag vir ons gesag, ons verweer in geestelike oorlogvoering. Dié stryd word gevoer teen die vlees, die wêreld en die duiwel en sy demoniese magte. Ons staan nooit in ons eie verdienste nie, maar slegs in ons Here Jesus Christus – op grond van wat Hy al reeds vir ons gedoen het, soos uiteengesit in die Woord van God. Ons staan op die grondslag van ons posisie in Christus en op die feit dat God Christus se geregtigheid aan ons toegereken het. Aan Christus al die eer.
———————————
As jy belangstel om meer oor die posisionele waarhede en seëninge van die gelowige in Christus te lees, oorweeg gerus om die volledige artikel, Drie-en-dertig sake van posisionele waarheid deur dr. Arnold Fruchtenbaum te lees.
Volg ons op sosiale media: