Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Die regterstoel-oordeel van Christus

Wat gebeur tydens die regterstoel-oordeel van Christus? Wie of wat word daar geoordeel en wat is die resultaat van hierdie oordeel? Vandag se bespreking fokus op die bema-oordeel van gelowiges en die gevolge van hierdie oordeel deur Christus. . . . Wat is die...