Burgerlike ongehoorsaamheid

Moet ʼn Christen die regering altyd gehoorsaam wees, of is daar omstandighede wanneer ʼn Christen ongehoorsaam aan die wette kon wees, selfs móét wees? Verbeel jou jy is gesond, maar ʼn nuwe wet maak dit vir jou onmoontlik om jou werk te doen, moet jy hierdie wet gehoorsaam? Of wat as jy ʼn kerkdiens wil bywoon maar die regering maak sulke byeenkomste onwettig—wat staan jou te doen? Burgerlike (of siviele) ongehoorsaamheid is nie ʼn maklike onderwerp nie.

Radio Disa Gesprek met Jaco

Baie mense dink verkeerdelik dat die Kerk nou ʼn geestelike Israel is. Die Kerk neem egter nie Israel se plek in God se raadsplan oor nie; dit is geestelike vervangingsteologie. Wanneer ʼn nie-Jood in Christus glo word hierdie persoon ʼn geestelike kind van Abraham; dit is egter onlogies om te dink dat hierdie persoon ewe skielik nou óók ʼn biologiese afstammeling van Jakob word. Die ware Israel, die Israel van God, is gelowige afstammelinge van Jakob (wie se naam later Israel geword het).

Sommige mense dink verkeerdelik dat tien van Israel se stamme “verlore” is. Verder, party van hulle sou graag die plek van hierdie “verlore” stamme wou oorneem, maar dit is onmoontlik en sou neerkom op ʼn fisiese vervangingsteologie. Afstammelinge van Jakob is Jode; alle ander mense is nie-Jode. Die idee dat sommige stamme van Israel verlore is, is vals — en idees wat hierop voortbou is eweneens vals.

Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Die resultate van Christus se dood

Die resultate van Christus se dood In hierdie dissipelskapkursus het ons ʼn vorige keer gevra hoekom Christus moes sterf, maar vandag vra ons: Watter spesifieke resultate is deur die Messias se dood tot stand gebring? Ons wys op tien resultate. 1. Die grondslag vir die...

Waarom Christus moes sterf

Waarom Christus moes sterf Hoekom moes Christus sterf? Hoe word redding bewerkstellig? Was Christus se dood in die Ou Testament voorspel? ’n Belangrike Skriftuurlike tema is redding deur bloed. Toe Adam en Eva die eerste daad van ongehoorsaamheid gepleeg het, het...