Wat gaan in 2026 gebeur? Mense weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar God weet (vgl. Jes 46:9-11). In die Bybel openbaar God baie inligting oor die toekoms. Gelowiges kan weet wat God oor die eindtye gesê het. By FaithEquip glo ons dat die wegraping van die Kerk enige tyd kan gebeur (miskien selfs vandag), maar ons glo nie dat die 7-jaar Verdrukkingstydperk in 2026 kan begin nie.
Wanneer ʼn staat (via die regerende party) burgers se God-gegewe regte en vryhede aanval, kan iets gedoen word? Om meer spesifiek te wees, as menslike gesag die wette en bevele van God direk weerspreek, moet burgers van ʼn land sulke tiranniese misbruik van gesag vir soetkoek opvreet? In die konteks van burgerlike/siviele regering, wat is die lering oor die mindere owerhede, en wat is interposisie (of tussenkoms)? Dalk moet jy in die gaping staan in ʼn tyd van krisis.