Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Regverdigmaking en heiligmaking

Regverdigmaking en heiligmaking Wat leer die Bybel ons oor regverdigmaking en heiligmaking? Wat beteken hierdie woorde en waarom is dit belangrik dat gelowiges die begrippe moet ken? Redding het drie fasette — regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking — maar...

Demonologie: Die leer van gevalle engele of demone (Deel 1)

Demonologie: Die leer van gevalle engele of demone (Deel 1) Bestaan gevalle engele of demone, of is hulle bloot ‘uitstralings’, ‘magte’ of ‘kragte’ wat geen persoonlikheid het nie? Waar kom demone vandaan en is demone verantwoordelik vir elke sonde en swakheid?...

Die heilige engele (Deel 5)

Die heilige engele (Deel 5) Voorheen het ons die werk van twee spesifiek vermelde engele (Mígael en Gabriël) bespreek, en nou wil ons vra: watter werk doen heilige of uitverkore engele (maar nie die gérubs of die serafs nie), in die algemeen? Ons is besig met ʼn...

Die heilige engele (Deel 2)

Die heilige engele (Deel 2) Waar woon die heilige engele en hoe verskyn hulle? Wat is die aard van engele? Hoe is engele georganiseer? Ons gaan voort met die gebruik van ʼn artikel deur dr. Arnold Fruchtenbaum met die titel Engelogie: Die leer van die uitverkore engele...