Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Hierdie eeu en die toekomstige eeu

Die Bybel verwys na “hierdie eeu” en die “toekomstige eeu/die eeu wat kom” (vgl. Luk 20:34; Ef 1:21; Heb 6:5). Byvoorbeeld, Jesus sê vir die godsdienstige leiers van Israel tydens die eerste koms dat die lastering teen die Heilige Gees hulle nie vergewe sal word nie, nie in “hierdie eeu nie en ook nie in die toekomende nie” (Mat 12:32). Wat word met “hierdie eeu” bedoel, wanneer het dit begin en hoe gaan dit eindig? Waarna verwys die “toekomstige eeu”?

Die ster van die Koning van die Jode

Die ster van die Koning van die Jode Die reis na Jerusalem is lank, maar die moeite werd. Ons reis eers noord-wes, al met die Eufraat-rivier op tot in die suide van Assirië. Dan draai ons suid-wes, af na Damaskus, op die koningsweg, deur die Dekapolis, oor die Jabbok-...