Die jaar 2026

Wat gaan in 2026 gebeur? Mense weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar God weet (vgl. Jes 46:9-11). In die Bybel openbaar God baie inligting oor die toekoms. Gelowiges kan weet wat God oor die eindtye gesê het. By FaithEquip glo ons dat die wegraping van die Kerk enige tyd kan gebeur (miskien selfs vandag), maar ons glo nie dat die 7-jaar Verdrukkingstydperk in 2026 kan begin nie.

’n Ondersoek na die martelare van Openbaring 6-20

Baie mense glo nie dat Christus vir ’n duisend jaar op aarde gaan regeer voordat die ewige bestel gaan aanbreek nie. Openbaring 20 se ses verwysings na “duisend jaar” beteken dan net ‘n “simboliese tyd” wat basies die hele interadventtydperk dek. Gegewe hierdie siening impliseer twee van die drie eskatologiese sienswyses (naamlik amillennialisme en postmillennialisme) onteenseglik dat Christen-martelare tydens die hele simboliese duisend jaar (i.e. die interadventtydperk) vermoor word, ʼn geestelike eerste opstanding ervaar, en tydens die interadventtydperk geestelik saam met Christus regeer. Is dit egter so?

Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Die bedienings van die Heilige Gees (Deel 1)

Die bedienings van die Heilige Gees (Deel 1) Wat is die bedienings van die Heilige Gees met betrekking tot die Skrif en tot die wêreld? Watter werk het die Heilige Gees tydens Ou-Testamentiese tye verrig? Openbaring, inspirasie en verheldering Met betrekking tot die...
error: Content is protected !!