Die 50 artikels wat die Profesie-Bybel Nuwe Testament vergesel verskaf ʼn volledige oorsig oor wat die Bybel oor die eindtye en die ewige bestel sê. Agt diagramme bied ʼn visuele oorsig van profeties belangrike gebeure. Elke Nuwe-Testamentiese boek is vergesel van ʼn inleiding wat konsentreer op die profetiese inhoud van daardie boek.
Sedert omtrent Junie 2020 bemark verskeie onverkose entiteite ʼn “Groot Herset” van die hele wêreld (Engels: The Great Reset). Die Wêreld Ekonomiese Forum (“WEF”) lei hierdie inisiatief, maar hulle word flink ondersteun deur die IMF, Prins Charles, Justin Trudeau en John Kerry (om maar net ʼn paar van die politici te noem), asook baie super-ryk mense. Die WEF het ʼn boek oor die “Groot Herset” gepubliseer en hulle webwerf is eksklusief aan hierdie onderwerp toegewy. Selfs die tydskrif Time het in November 2020 die “Groot Herset” op hulle voorblad uitgebeeld. Maar het enige van hierdie verwikkelinge profetiese betekenis?