Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Regverdigmaking en heiligmaking

Regverdigmaking en heiligmaking Wat leer die Bybel ons oor regverdigmaking en heiligmaking? Wat beteken hierdie woorde en waarom is dit belangrik dat gelowiges die begrippe moet ken? Redding het drie fasette — regverdigmaking, heiligmaking en verheerliking — maar...