Die onsienlike wêreld van engele

Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie.

“Die onsienlike wêreld van engele” fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel; dit beskryf die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie en verál slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?

“Die onsienlike wêreld van engele” is deur Jaco Scholtz geskryf. Dit is nou beskikbaar in boekwinkels landwyd.

Hierdie eeu en die toekomstige eeu

Die Bybel verwys na “hierdie eeu” en die “toekomstige eeu/die eeu wat kom” (vgl. Luk 20:34; Ef 1:21; Heb 6:5). Byvoorbeeld, Jesus sê vir die godsdienstige leiers van Israel tydens die eerste koms dat die lastering teen die Heilige Gees hulle nie vergewe sal word nie, nie in “hierdie eeu nie en ook nie in die toekomende nie” (Mat 12:32). Wat word met “hierdie eeu” bedoel, wanneer het dit begin en hoe gaan dit eindig? Waarna verwys die “toekomstige eeu”?

Satanologie (Deel 3)

Satanologie (Deel 3) Wat leer die Bybel omtrent die koninkryk van die duisternis? Hoe beheer Satan hierdie koninkryk? Wat is die gelowige se verweer teen Satan en sy koninkryk? As deel van die Kom Kyk dissipelskapkurus maak ons gebruik van ʼn artikel deur dr. Arnold...

Satanologie (Deel 2)

Satanologie (Deel 2) Wat het met Satan se val gebeur? Wat is die verskillende wonings van Satan (verlede, hede en toekoms)? Watter bestemmings gee die Bybel vir Satan en hoe is Satan se aard? Ons gee ʼn gedeeltelike opsomming van ʼn artikel deur dr. Arnold Fruchtenbaum...

Satanologie (Deel 1)

Satanologie (Deel 1) Is Satan ʼn persoonlike wese of net ʼn ‘uitstraling’ of ʼn bose mag? Waar kom Satan vandaan? Veroorsaak Satan elke sonde en stoornis in iemand se lewe? Hierdie en ander vrae word in hierdie reeks van drie artikels oor wat die Bybel omtrent Satan...