Die jaar 2026

Wat gaan in 2026 gebeur? Mense weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie, maar God weet (vgl. Jes 46:9-11). In die Bybel openbaar God baie inligting oor die toekoms. Gelowiges kan weet wat God oor die eindtye gesê het. By FaithEquip glo ons dat die wegraping van die Kerk enige tyd kan gebeur (miskien selfs vandag), maar ons glo nie dat die 7-jaar Verdrukkingstydperk in 2026 kan begin nie.

Die dag van Jesus Christus

As die Bybel van die “dag van Jesus Christus” praat, waarna verwys dit? Is hierdie “dag” dieselfde as die “dag van die HERE” of die “dag van God”? Is die “dag van Jesus Christus” ʼn tegniese term wat altyd dieselfde beteken ongeag van die konteks? Wanneer die Bybel na ʼn “dag” verwys, gaan dit nie altyd oor ʼn letterlike, 24-uur dag nie, maar verwys soms na ʼn tydperk. Nogtans kan laasgenoemde tydperk eindig op ʼn letterlike, 24-uur dag. Die Nuwe Testament verwys baie kere na die “dag van Jesus Christus” of variasies van hierdie frase. Direkte verwysings is in 1 Korinthiërs 1:8, 2 Korinthiërs 1:14 en Filippense 1:6, 10 en 2:16. Wat kan uit hierdie direkte verwysings afgelei word?

Verskille tussen die wegraping en Christus se weerkoms

Is die wegraping en die Here Jesus Christus se weerkoms na die aarde een en dieselfde gebeurtenis of is dit twee verskillende gebeurtenisse? In ons ondersoek na antwoorde op hierdie vraag, wys ons die volgende tien verskille uit tussen die wegraping en Christus se...

Wanneer gebeur die wegraping?

Wanneer sal die wegraping plaasvind? Hoewel die meeste gelowiges (maar nie almal nie) saamstem dat daar ʼn wegraping sal wees, verskil gelowiges oor die tydsaspek van die wegraping. Ten minste vyf antwoorde word gegee. Party sê die wegraping sal voor die Verdrukking...

Die wegraping Deel 2

In die eerste deel van hierdie kort reeks oor die wegraping, het ons tot die slotsom gekom dat net heiliges in die Kerkbedeling weggeraap sal word, beide dié wat in Christus gesterf het (gelowiges wat sedert Pinkster gesterf het) en ook dié gelowiges in Christus wat...
error: Content is protected !!