Dagbreek!

Tipologie vestig nie lering nie, maar versier dit. Christus se tweede koms en die begin van sy koninkryk kan tipologies met “dagbreek”, die “oggend”, “lig” en met sonskyn verbind word.

Sieninge oor die Messiaanse koninkryk

Twee sieninge oor Christus se Messiaanse koninkryk domineer die teologiese wêreld. Die eerste siening sê dat Christus die Messiaanse koninkryk “alreeds” tydens sy eerste koms opgerig het, maar dat hierdie koninkryk eers tot volle verwesenliking gebring sal word met Christus se weerkoms. Dit is die “Alreeds-maar-nog-nie” siening. Die tweede siening sê dat Christus nie die Messiaanse koninkryk tydens sy eerste koms opgerig nie, maar sal dit doen tydens sy weerkoms na die aarde toe. Dit is die “Nee, nog nie” siening. Hierdie sieninge beïnvloed teologie in die algemeen en lering oor die koninkryk in die besonder.

Die Staatgod

As ek die “regte wêreld” wil verstaan, raai ʼn vriend my vyf jaar gelede aan, moet ek minder op besigheidsnuus fokus en eerder wêreldwye politieke gebeure bestudeer1. Teologie is nog altyd my belangstellingsveld: nie net wil ek graag sien hoe algemene en spesiale openbaring bymekaar uitkom nie, maar ek staan ook verwonderd hoe die einde reeds van die begin af verklaar is. Ek neem toe my vriend se voorstel aan en kort voor lank het hierdie nuutgevonde wêreld van die politiek my geïnteresseer. Tot my verbasing is die konsepte wat ek raakgelees het eintlik baie bekend.2

Die verborgenheid van die vrou in Openbaring 17

Wat is die verborgenheid waarna Openbaring 17: 5 en 7 verwys? Verwys die verborgenheid na die titel van die vrou: “…op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon…” (Op 17:5; OAV)? Of is die vrou se naam “die groot Babilon” — oor wie daar nou ʼn verborgenheid bekendgemaak word? En indien so, wat is die verborgenheid?

Is die wegraping ʼn nuwe lering?

ʼn Gewilde argument téén die wegraping is dat dit ʼn nuwe lering sou wees en, so gaan die argument verder, omdat dit nuut is kan dit nie waar wees nie (vgl. Ladd 1956:31). Du Rand (2007:317) skryf byvoorbeeld dat die wegraping “eers ná 1830 werklik momentum gekry het toe die drome van ʼn sekere Margaret MacDonald openbaar gemaak is”. Maar is lering oor die wegraping nuut — of is dit dalk oud? En is iets waar of vals omdat dit oud of nuut is?