Vir wie moet ons gee?

Ons het reeds die Bybelse beginsels ten opsigte van gee bespreek, en ook die vraag oor hoeveel gegee moet word. Vandag bespreek ons die vraag: Vir wie moet ons gee? Hierdie is die derde en laaste deel van ons kort reeks oor die Bybelse beginsels ten opsigte van gee.

. . .
Dit is vanselfsprekend (as mens die vorige twee besprekings in gedagte hou) dat ons uiteindelik vir die Here gee. Maar wie is die tussen-ontvangers van dit wat ons gee? Daar is vyf ontvangers.

Die gelowige se gesin

Die Bybel is nie baie positief oor diegene wat nie hierdie verpligting nakom nie. Paulus het geskryf: “… iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ʼn ongelowige” (1 Timótheüs 5:8). Deel van geloofswerke is om te voorsien in die behoeftes van die gesin. Dit is ʼn kern verantwoordelikheid.

Bedieningswerk

Die tweede ontvanger van wat ons gee moet bedieningswerk wees, soos dié van jou plaaslike gemeente. Kyk na die Filippense se voorbeeld van ondersteuning vir bedieningswerk (4:10-16). Volgens 1 Korinthiërs 9:7-14 het die gelowige die verantwoordelikheid om die plaaslike gemeente waar jy aangesluit het te ondersteun. Die prediker het die reg om uit die evangelie te lewe, want 1 Korinthiërs 9:11 verklaar dat die een wat geestelike dinge saai die reg het om materiële dinge daaruit te oes. Die leraar(s) moet ondersteun word, soos duidelik blyk uit 1 Timótheüs 5:17-18. Leraars is inderwaarheid dubbele eer waardig. Nog ʼn voorbeeld wat binne die raamwerk van ʼn plaaslike kerk ingesluit is, is individue wat ondersteun moet word, soos sendelinge en evangeliste (2 Korinthiërs 8:1-9:15). ʼn Mens se gawes moet bedieningswerk ondersteun, met insluiting van die werk by jou plaaslike gemeente, die leraars of leraar-ouderlinge, sendelinge en evangeliste.

Die Bybel-leraar

Die een wat in die Woord onderrig word, is verplig om die leraar te ondersteun met materiële goedere. Sien Galásiërs 6:6.

ʼn Broer of suster in nood

Nog ʼn ontvanger van ʼn mens se gawes is volgens Jakobus 2:15-17 ʼn broer of suster wat in nood verkeer as gevolg van omstandighede buite hul beheer.

Sendingbediening onder die Jode

Die twee Skriftuurlike afdelings vir sendingbediening is Joodse en nie-Joodse bedienings (Handelinge 15; Galásiërs 2; Romeine 11). Paulus praat in Romeine 15:26b-27 van nie-Joodse gelowiges se finansiële bydrae “vir die [Joodse] armes onder die heiliges in Jerusalem” en verklaar dat die nie-Joodse gelowiges dit “goedgevind” het om te gee, en dat hulle inderdaad die Joodse gelowiges se “skuldenaars” is, “want as die heidene deel gekry het aan hulle [Jode se] geestelike voorregte, is hulle [nie-Joodse gelowiges] ook verskuldig om hulle [Jode] met stoflike goedere te dien”. Hoekom is daar ʼn skuld wat nie-Joodse gelowiges moet betaal? Nie-Joodse gelowiges het deelnemers geword van die Joodse geestelike seëninge wat voortspruit uit onvoorwaardelike verbonde wat God aan Jode en hul verteenwoordigers gegee het (vgl. Efésiërs 2:11-3:6; Romeine 9:4). Byvoorbeeld, nie-Joodse gelowiges word gered wanneer hulle deelnemers word van “die wortel en die vettigheid van die olyfboom” (Romeine 11:17), maar hierdie olyfboom behoort nie aan die Kerk of aan nie-Jode nie, maar aan Israel (Romeine 11:24). Wat ook onthou moet word, is dat dit aanvanklik Joodse apostels en Joodse gelowiges was wat die evangelie van Christus vanaf Jerusalem na die res van die wêreld uitgedra het (Handelinge 1:8; 8; 10-11). Hoe kan nie-Jode dan hul skuld betaal? Deur materieel te gee (vgl. Romeine 15:27). ʼn Goeie manier is om ook Joodse sendingbedienings te ondersteun (vgl. Romeine 11).

———————————

As jy belangstel in meer inligting oor wat die Bybelse sê oor gee aan ander, oorweeg gerus om die artikel, Die Bybelse beginsel om te gee deur dr. Arnold Fruchtenbaum te lees, wat as bron vir hierdie blog gebruik is.

Volg ons op sosiale media:

Deel met ander:

[apss_share networks='facebook, twitter, pinterest']